⏳Paasfees Tydlyn
So – Jesus gaan Jerusalem binne
Ma – Jesus gooi die verkopers uit
Di – Jesus debatteer in die Tempel
Wo – Jesus rus
Do – Jesus is gearresteer
Vry – Jesus se verhoor en kruisiging
Sa – Jesus in die graf
So – Jesus het opgestaan!
💭 Reflekteer
Na die opstanding het Jesus nog 40 dae spandeer op aarde en aan baie mense verskyn. Een van hierdie kere is eintlik die Skrif waarop Roadtrip247 gebasseer is! Twee van Jesus se volgelinge het rustig gestap en gesels toe Jesus by hulle aangesluit het. Hulle het Hom nie herken nie, maar Hy het met sulke spesiale wysheid gepraat dat hulle harte vuur en vlam gebrand het.
📖 Lukas 24:15
“Terwyl hulle nog so loop en gesels en dinge probeer ontrafel, het Jesus self nadergekom en saam met hulle verder geloop.”
❔ Vrae
🙏 Praat met God
Gebruik jou eie woorde om te bid:
_______, wanneer ek lees oor die Emmaus pad voel ek _______. Sal U ook langs my kom stap in my eie lewe – veral in die aspekte van _________? Sal U my kop en my oë oopmaak om die Bybel te verstaan, selfs al is dit __________________. Amen.
🎨 Reaksie
Skryf vandag op jou hand “Emmaus”. Wanneer ookal jy dit raaksien, onthou dat Jesus reg langs jou is deur Sy Heilige Gees.
🔥 Dink Dieper
Jesus het toegelaat dat die dissipel, Tomas, aan Sy wonde raak. Lees daaroor in Johannes 20:24-29.