What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ek kan

💭 Reflekteer
Om God te gehoorsaam kan soms voel soos ‘n onmoontlike taak. Dis asof die Bybel ‘n onmoontlike standaard het wat ons net nie kan bereik nie. Die vyand kom ons gedagtes binne en sê goed soos: “Jy is nie goed genoeg nie.” “Jy het misluk.” “Jy kan dit nie doen nie.” Maar die goeie nuus van die Evangelie is dat dit NIE waar is nie. Deur Jesus IS dit moontlik vir jou om God te gehoorsaam en om naby aan Hom te lewe.

📖 Spreuke 3:35
Wyse mense word vereer. Dwase mense kom in die skande.

❔ Vrae

  • Ander vertalings van die vers gebruik die woorde: “wyse mense erf eer” – Kan jy nog Bybel verse opsoek wat vir jou vertel wat kinders van God erf?
  • Verse soos die een wys die voordele daarvan om God te gehoorsaam. Kan jy dink aan ‘n voorbeeld van ‘n wyse besluit?
  • As die boodskap jou vandag bemoedig, stuur dit aan jou broer of suster.

🙏 Praat met God
Vul in die oop spasies wanneer jy dit hardop bid:
Jesus, sonder _________ is dit onmoontlik om vir God tevrede te stel. Dankie vir wat U gedoen het op die _________ toe U ‘n weg vir my gemaak het om te lewe _________ God. As gevolg van U, erf ek _________. Amen.

📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek is in staat om God te gehoorsaam.”

🎨 Reaksie
Tel sewe stokkies buite op wat soos die kruis lyk. Skryf, verf, of kerf daarop uit – ‘n letter op elkeen:  L-U-I-S-T-E-R. Sit hulle in jou vensterbank as ‘n herinnering dat Jesus dit vir jou moontlik maak om na God te luister.

🤳Sosiale media
Is daar iets waarna jy kyk wat jy weet nie goed is vir jou nie of sonde is? Bely nou en haal dit van jou foon af, blok die webtuiste, of “unfollow” die persoon wat jou in die versoeking lei.

👥 Mense
Kan jy dink aan 1 persoon wie baie druk op hulself plaas? Hulle moet besef dat Jesus lief is vir hulle en die perfekte offer gemaak het sodat hulle nie perfek hoef te wees nie. Hoe kan jy vandag vriendelik wees met hulle?

🔥 Gaan Dieper
Hierdie week se Skrifgedeelte is = Spreuke 3

Lees die res van die hoofstuk vandag en let op: 

  • Hierdie dagstukkie het die Ou Testament en Nuwe Testament saamgebind. Kan jy nog verse in die hoofstuk vind wat verbind met Jesus? Merk hulle met ‘n kruis.
  • “Highlight” een vers in die hoofstuk wat vir jou moeilik is om te gehoorsaam. Bid en vra die Heilige Gees om jou te help met daardie groei area in jou lewe.