💭 Reflekteer
Hierdie jaar kan ‘n nuwe tipe avontuur inhou. Iets anders, unieks en dalk selfs ‘fun’? Die uitnodiging van laas week wag nog vir jou. Jy kan nie die gevoel afskud dat die stem wat jou roep… bekend is nie. Iewers diep binne jou, voel jy asof jy onthou hoe dit is om te hoor dat God jou nader roep.
📖 Jesaja 43:1
“Maar nou, Jakob, sê die Here wat jou geskep het, Hy wat jou gevorm het, Israel...”
❔ Vrae
🙏 Praat met God
Liewe Jesus, dankie dat U my so ______ gemaak het. U was _____ en _____ toe U my geskep het. Een ding waarvan ek hou van myself is _____. Dankie daarvoor. Amen.
📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek ken my Skepper.”
🎨 Reaksie
Skryf op ‘n foto van jouself: “Ek ken die Een wat my roep” (jy kan dit doen op jou foon / ‘n gedrukte foto). Sit nog “details” by oor HOE God jou gemaak het in ‘doodles’ op die foto.
🤳Sosiale media
Deel die foto hierbo op jou ‘story’ / ‘status’ OF deel vandag se boodskap se foto.
👥 Mense
Noudat jy jou Skepper ken wonder ek wie anders vandag graag sal wil hoor dat hulle geken, geliefd en aanvaar is deur die God van die heelal?
🔥 Dink Dieper
Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Jesaja 43
Lees die res van Jesaja hoofstuk 43 vandag en let op: