What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Dra jy iets swaar saam met jou?

Dra jy iets swaar saam met jou? Dit kan iemand wees, siekte, sonde of geheime. Hierdie ding druk jou elke dag vas en maak dit moeilik om met jou kop omhoog te loop.

👓 Maak jou Bybel of Bybel-app oop by 2 Kor 12 en lees verse 7-10.
📖 Verse 8-9: “Drie keer het ek die Here gesmeek om dit van my weg te neem. Elke keer het Hy gesê: ‘My genade is al wat jy nodig het.’”

💡 Hoekom dink jy sê Paulus dit?

1: Soms vergeet ons dat die mense in die Bybel ook net gewone mense was. Paulus het met iets gesukkel wat hy beskryf het as ’n “doring in sy vlees”.

2: God het die krag om dit wat stukkend is in jou lewe reg te maak. Vra Hom daarvoor. Paulus het die Here drie keer gesmeek om sy probleem weg te neem.

3: As God nie die swaar ding van jou wegneem nie; sal Hy jou help om dit te dra. Sy genade is genoeg vir jou. Leun op Hom.

✝️ Jesus het jou so baie lief. Hy het Sy lewe vir jou uitgestort, en Sy genade is meer as genoeg om ook hierdie swaar ding te dra.

🙏 Bid saam met ons:
Liewe Here, U is sterk genoeg om alles wat swaar is in my lewe te dra. Ek gee ______ nou vir U en vra dat U my sal help. Ek wil soos Paulus wees, wat nie jammer vir homself was nie, maar wat vir U eer geleef het. Amen.

📨 P.S. Stuur hierdie boodskap aan iemand anders om die liefde te deel!

https://www.bible.com/bible/117/2CO.12.NLV