What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die Wêreld Smag Na God

“Nie een van ons leef tot God se eer nie. Ten spyte daarvan het Hy besluit om ons vry te spreek.”Romeine 3:23-24


“’Ons almal was soos skape wat verdwaal het. Elkeen het sy eie koers gekies. Maar die Here het al ons sonde op Hom laat neerkom.”Jesaja 53:6

Dis vanselfsprekend om na ons pragtige aarde te kyk en te wonder waar dit alles vandaan kom. Die probleem is dat mense besluit om ‘n eie god te skep wat by hulle behoeftes pas en verkies om daarin te glo in plaas van in Jesus. Almal glo in ‘n krag wat dinge laat gebeur. Sommige mense glo in noodlot en bestemming en ander in die heelal, son en sterre om hulle te lei.

Terwyl hulle almal in die skepping soek na antwoorde, kan ons ons rig na die Een wat dit alles geskape het! Is dit nie wonderlik nie! Niks kan ooit met God vergelyk word nie. Hy is immers DIE een wat die dood oorwin en uit die graf opgestaan het. Die Een wat ons almal na Sy beeld geskape het. Een aspek van daardie beeld is dat ons die behoefte het aan ‘n bonatuurlike krag waarin ons kan glo.

Alhoewel sommige mense heeltemal tevrede is met hul afgode en selfgemaakte gode, het hulle almal ‘n tekort: vergifnis. Na wie sal jy jou wend vir vergifnis? Die sterre? Die heelal? Of God, die enigste een met die gesag en mag om ons vry te maak van ons sondes? Soos God in Efesiërs 1:7 gesê het, kan ons seker wees dat ons vergewe en verlos is deur die bloed van Jesus.

Voordat Jesus gebore is, was dit die gebruik om ‘n dier dood te maak as versoening vir jou sonde. Hoe groter die sonde, hoe groter was die dier wat jy moes doodmaak. Dink net: Jesus is doodgemaak om ons sondes te vergewe. Sy bloed hou sekerlik meer krag in as ‘n skaap of bul s’n!

Jesus is dus die een na wie toe om te draai wanneer vergifnis nodig is. Nie Sy skepping nie. Onthou, Hy het ons lief genoeg om Sy lewe vir ons te kon gee. Ons moet net na Hom draai en sy vergifnis en genade ontvang.

Die Wêreld Smag Na God

Gebed: Here, dankie dat U bereid is om my sondes te vergewe, ongeag hoe erg dit is. Ek vra dat U genade sal voortduur en dat ek my verhouding met U sal versterk. Amen.

Uitdaging: Ons word geroep om te vergewe soos God ons vergeef het. As jy ‘n wrok teen iemand het, praat daaroor en probeer om hulle te vergewe vir wat hul aan jou gedoen het. Jy kan van hierdie kans gebruik maak om hulle van God se vergewingshart te vertel.