What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die Opstanding

Paasfees Tydlyn

So – Jesus gaan Jerusalem binne
Ma – Jesus gooi die verkopers uit
Di – Jesus debatteer in die Tempel
Wo – Jesus rus
Do – Jesus is gearresteer
Vry – Jesus se verhoor en kruisiging
Sa – Jesus in die graf
So – Jesus het opgestaan!

💭 Reflekteer
Toe Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy ‘n belangrike boodskap gebring: Hy het die doodstraf van sonde oorwin namens ons. Jesus het die volle prys betaal om ons vry te koop sodat ons weer naby God kan lewe. Als het gebeur presies hoe God belowe het dit sou. Jesus het ‘n weg gemaak en oorvloedige lewe gebring!

📖 Lukas 24:2-3
Daar aangekom, kry hulle die steen weggerol van die ingang van die grotgraf af. Hulle het ingegaan, maar nie die liggaam van die Here Jesus daar gekry nie.”

❔ Vrae

  • Wie het eerste gesien dat die graf leeg was? (Lees in jou Bybel)
  • Hoe het hulle geweet Jesus het opgestaan en dat die lyk nie net gesteel was nie?

🙏 Praat met God

Jesus, U het uit die dood opgestaan en lewe vir ewig. U uitnodiging aan my is om in ewigheid by U te wees as U kind, U dissipel, en U vriend. Sal U my lei om so te lewe dat U opstanding sigbaar is in alles wat ek doen? Amen.

🎨 Reaksie
Neem jou joernaal of notaboek en skets die graf van Jesus. Skryf bo-op die graf iets in jou lewe wat ‘dood’ voel (Dalk ‘n verhouding of ‘n moeilike situasie?). Bid dat God lewe en vreugde sal bring in daardie plek. 

🔥 Dink Dieper

Lees oor die Opstanding: Lukas 24:1-12

  • Stap terug in tyd en lees wat gebeur het met die profeet Esegiël in die vallei van droë bene (Esegiël 37). Wat het dit in gemeen met Jesus se opstanding?
  • Lees Jesus se woorde in Johannes 11:25. Hoekom het Hy dit gesê?

https://www.bible.com/bible/117/LUK.24.NLV