What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die Losprys Is Betaal

“Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as losprys vir baie mense.” – MARKUS 10:45

Het jy al ooit gedink dat Jesus die enigste mens was, wat gekies het om gebore te word en gekies het om te sterf? In Markus 10:45 sien ons Hy het gekom om ons te dien. Jesus sê ook dan dat Hy “vir” my en “vir” jou gekom het. Die woordjie “vir” beteken “in die plek van.” Hy het vir ons die losprys betaal deur in ons plek vir ons sondes te sterf. God het in Jesus Christus ’n plan gemaak sodat ons vrygekoop kon word van die houvas wat sonde op ons het.

Die woord “losprys” was gebruik in die tyd van slawehandel wanneer ’n goedhartige persoon ‘n slaaf kon koop en dan weer vrylaat, maar die “losprys” moes eers betaal word. Die prys wat betaal is vir my en jou om “los te kom” van die houvas van sonde was Jesus se bloed aan die kruis.

Hoe wonderbaarlik is dit nie, dat jy nie meer ’n slaaf van die sonde is nie? Ek en jy is vry, want Jesus leef. Hy het aan die kruis ‘n baie duur skuldprys vir my en jou betaal.

Die Losprys Is Betaal

Prayer: Liefdevolle Hemelse Vader, dankie dat U Jesus vir my gegee het. Dankie Here vir die kruis en dat ek kan weet my skuld is betaal. Here dankie dat U my herinner dat die losprys reeds betaal is. Maak my dapper sodat ek elke dag in dankbaarheid U sal toelaat om my meer en meer soos Jesus te maak. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus my Verlosser. Amen.

Uitdaging: Om jou dankbaarheid te wys deel vandag met ’n vriend iets om te eet en vertel vir hom/haar wat Jesus vir jou gedoen het.