What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die Hart Van Aanbidding

Laat ons na Hom toe gaan met al die dankies wat uit die diepte van ons hart kom. In ons mooiste liedere moet ons dit vir Hom sê.Psalm 95:2

Here, sit al die regte woorde waarmee ek U kan prys in my mond.Psalm 51:17

Opregte aanbidding begin deur Jesus in gees te aanbid (Johannes 3:23-24). Musiek is ‘n wonderlike manier om ons aanbidding te verdiep, maar dit kan nie ons enigste manier van aanbidding wees nie. Ons mis dikwels uit op ‘n deurbraak omdat ons ons instrument bespeel met die kop in plaas van uit die hart.

Ons moet seker maak dat God die middelpunt van ons lewe is, asook van ons lofprysing en aanbidding. God vra vir meer as betekenisvolle liedere. Hy verwag van ons om ‘n houding van nederige erkenning te hê in ons aanbidding sodat Hy ons kan seën met Sy waarheid. Ons moet Hom nader met sagte harte, gereed om toegewyd ons tyd aan Hom af te staan. Gereed om Sy genade te ontvang, gereed om te vra om vergifnis van ons sonde. Met so ‘n houding van gehoorsaamheid in ons harte praat God dikwels met ons.

Geheimhouding en versteekte sonde kan aanbidding wat uit ons hart kom, smoor. Tydens aanbidding kan jy jou stryd erken teenoor God en jou mede-Christene. Dis altyd beter om dinge aan die lig te bring en dit aan te spreek. Hiervoor moet ons harte sag wees teenoor God en Sy Woord.

Opregte aanbidding is nie ‘n opvoering nie. Dit sal jou emosies roer, soms tot so ‘n mate dat jou liggaam nie anders kan as om op God te reageer nie. Dit kan wees deur te lag, te huil, of op jou knieë te val. Diepe aanbidding van God beteken dat jy jou eie tyd minder belangrik ag en dat jy aan Hom die kwaliteit en hoeveelheid aandag gee wat Hy verdien. Dit is om voor Sy voete neer te val en Hom alles te gee, ongeag wat dit jou mag kos.

Die Hart Van Aanbidding

Gebed: Here God, ek vra dat U my hart sal sag maak teenoor U. Ek vra om vergifnis vir die kere wat my aanbidding slegs oor begeertes was, in plaas daarvan om op U te fokus. Ek bid vir ‘n nederige gees, dat U my sal herstel en my sal leer hoe ek moet aanbid. Amen.

Uitdaging: Ondersoek die manier waarop jy aanbid. As dit nie ooreenstem met die Woord nie, pas dit aan. Soek in die Bybel na maniere hoe jy God kan aanbid wat Hom sal behaag.