Johannes 3:16 DB “God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het Sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God kan leef.”
Stel jou voor dat jy die beste geskenk van ‘n persoon ontvang wat jy nie juis gereeld sien nie EN dat daardie geskenk hom / haar baie geld kos. Tog besluit hy / sy steeds om dit vir jou te kry ten spyte van die koste. Hoekom?
Hy / sy het soveel liefde vir jou dat hulle nie omgee vir die onkoste nie, solank jy die geskenk aanvaar en geniet.
Dit is dieselfde tussen ons en God.
Jesus se lewe is soos `n geskenk wat God aan ons gegee het. God het Jesus, Sy enigste Seun, gegee om vir ons sondes te sterf, om ons van ons verkeerde dade te reinig sodat ons as gelowiges ‘n regte verhouding met Hom kan hê EN toegang tot die ewige lewe kan verkry. Hy het dit gedoen as gevolg van liefde.
Ons het almal toegang tot die ewige lewe as ons net bely en se: “Jesus is die Here”.
Gebed: Here Jesus, vandag bid ons vir ‘n groot verandering in ons lewens sodat ons die regverdige pad kan volg en ‘n goeie begrip kan hê van wat reg en verkeerd is. Lei ons en beskerm ons deur hierdie dag. Amen.
Uitdaging: Maak jou oë toe en vra die Heilige Gees om vir jou te wys wat Jesus sien as Hy na jou kyk. Jy is Sy geliefde kind wat die uiteindelike koste werd is!
(Geskryf Deur Damian Pinn)