What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die Bybel

💭 Reflekteer
Verbeel jou iemand gee vir jou ‘n padkaart, maar die een helfte is weg. Hoe gaan jy by jou eindbestemming kan kom? So is dit ook met die Bybel. Vir mense om te weet hoe om by hulle hemelse tuiste uit te kom, op reis saam met Jesus, is dit nodig om die hele Bybel te lees en te verstaan. Die hele bybelse verhaal is belangrik om God se plan vir ons lewensreis te verstaan.

📖 Galasiërs 3:8a
“Verder het die Skrif vooruit gesien dat God nie-Jode deur geloof sou vryspreek.”

❔ Vrae
Hierdie vers wat jy nou net gelees het, is van die beste nuus wat jy in jou lewe sal hoor! Hoekom? Want jy is deel van die “nie-Jode” waarvan Paulus skryf. Die vryheid is ook vir jou!
Kies ‘n vriend met wie jy die volgende paar weke op hierdie roadtrip wil gaan. Stuur hierdie boodskap aan en gesels met mekaar oor hoe dit jou laat voel dat God jou lankal reeds wou red.

🙏 Praat met God
Here, U het lank gelede gekies om my deel te maak van U storie om mense te red en dit laat voel my . As ek daaraan dink, dan weet ek U is . Amen.

📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek is deel van God se groot storie.”

🎨 Reaksie
Teken ‘n “padkaart” van jou lewe, van jou geboorte af tot nou. Skryf die plekke en name neer op jou “lewenspad” waar jy kan onthou dat die Here naby aan jou was en waar die Here jou genooi het om deel te wees van die reis saam met Hom. Plak die kaart waar jy dit kan sien, sodat jy vir Jesus in die week dankie kan sê vir daardie plekke.

🤳Sosiale media
Plaas die uitnodiging “Vra my uit oor die coolste storie ooit” op sosiale media om te kyk hoeveel mense jou sal uitvra oor jou roadtrip en gebruik die onderskrif: #CoolsteStorieOoit

👥 Mense
Kies ‘n vriend met wie jy gemaklik sal voel om oor Jesus te praat. Vertel vir mekaar wat dit beteken dat God gekies het om jou te red, nog voordat jy Hom geken het. Wie is daar nog vir wie jy en jou vriend saam kan vertel van hierdie “coolste storie ooit”?

🔥 Gaan Dieper
Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Galasiërs 3
Lees die res van Galasiërs hoofstuk 3 vandag en let op:
Die Ou Testament vertel hoe mense die wette moes nakom om gered te kon word en die Nuwe Testament vertel ons hoe geloof in Jesus jou red. Wanneer jy Galasiërs 3 lees, tel hoeveel keer jy die woord “glo” of “geloof” raak lees. Wat of wie help jou om te glo?
Die wet leer jou dat jy ‘n goeie lewe moet leef, sodat jy gered kan word. Christene sê: “Ons lewe ‘n goeie lewe, omdat ons glo dat Jesus ons red”. Dink ‘n bietjie na oor die verskil. Stem jy saam?
Wanneer ‘n mens Galasiërs 3:22 lees, dan ontdek jy dat die wet nie die probleem is nie, maar die sonde is die groot probleem. Geloof in Jesus is die manier waarop ons vry gemaak kan word. Hoe lyk iemand se lewe wat vry lewe? Wat beteken dit vir jou dat jy vrygemaak is van sonde?