What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Daar Is Altyd Hulp

God is ons toevlug en krag; in nood is Hy gereed om te help.Psalm 46:1

Wanneer ‘n mens met ‘n uitdaging gekonfronteer word, is dit moeilik om met enige iemand daaroor te praat. Jy mag dink mense sien jou as ‘n swakkeling. Al is dit ‘n “eenvoudige” uitdaging, is dit net nog ‘n uitdaging by al die ander wat jy moet hanteer.

Jy begin alles oordink en analiseer dit tot in die fynste besonderhede. Jy word met depressie-simptome gekonfronteer: eet- en slaappatrone verander, jy bly moeg, kan nie konsentreer nie, ‘n swak selfbeeld, self-isolasie…jy wil dalk moed opgee.

Die uitdagings, soos byvoorbeeld boeliery, veroorsaak nie depressie nie. Indien jy nie hulp kry om die depressie-simptome te bestuur nie, kán dit tot reaktiewe depressie lei. Praat jy nie oor die uitdagings nie, sal niemand weet jy het dringend hulp nodig nie. Identifiseer iemand (‘n onderwyser, jeugwerker, ouers van ‘n vriend/in) wat jy 100% met jou “inside story” kan vertrou, iemand wat sal luister sonder om raad te gee. Vra jou huisdokter of antidepressante vir jou ‘n opsie is.

Moenie skuldig voel wanneer jy nie meer kan Bybel lees of bid nie. God ken jou swaarkry. Reik uit na ‘n gelowige en vra vir voorbidding. Jy hoef nie detail te gee vir die gebedsversoek nie. Kry jy nie dadelik antwoorde nie, is dit ook okay. Bly net praat met God.

Moenie die pad verder alleen aanpak nie. God is altyd gereed om te help.

Daar Is Altyd Hulp

Gebed: Here, help my om te glo dat ek nie ‘n swakkeling is wanneer ek hulp vra nie. Gee my vandag die moed om hulp te vra. Wys my wie die regte persoon is wat ek kan vertrou om saam met my in U naam die moeilike pad te loop. Amen.

Uitdaging: Beplan ‘n aksieplan om hulp te kry met jou uitdagings. Wanneer en met wie gaan jy praat?