What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

BEGIN WEER

📖 Jesaja 43:18 Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het.

Miskien was gister nie wonderlik nie. Jy het jou humeur verloor. Jy het ‘n toets gedruip. Jy het gevoel jy is vasgevang, geïgnoreer of vergete. Maar die Bybel sê: “Vergeet die vorige dinge.” Hoekom? Omdat God vandag iets nuuts doen. Ons God kan ‘n pad in die woestyn maak en strome in die dorsland bring.

Toe ek na ‘n nuwe land verhuis het, het ek niemand geken nie. Ek kon nie die taal praat nie. Ek het vir ‘n rukkie verlore gevoel. Maar toe maak ek ‘n keuse, ek het opgehou fokus op alles wat ek nie kon doen nie, en ek het een klein dingetjie gekies wat ek kon doen. Ek het geglimlag. Ek het een nuwe woord geleer. Dit was net die begin.

📌  Jou verlede definieër jou nie, God bied elke dag `n nuwe begin.

🙏 Gebed: God, help my om te laat gaan wat agter my is en U te vertrou met wat voorlê. Ek glo U doen iets nuuts, selfs in my. Help my om klein te begin, op U te vertrou en vandag een tree vorentoe te gee. Amen.

🔥Uitdaging: Probeer weer iets waarmee jy opgegee het. Doen dit hierdie keer saam met God. Selfs klein treë kan ‘n nuwe begin word. Kyk na bladsy 10 van ons nuwe werkboek vir ‘n aktiwiteit om hiermee te help.

(geskryf deur Jacobus van Zyl)