What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

As ek swak is

Soos ons verder lees in 2 Korintiërs 12, sien ons dat Paulus rede gehad het om te spog. As mense hom wou vra hoekom hy ‘n goeie leier gemaak het, kon hy dit doen – maar hy sou eerder nie wou nie. Die ander leiers het die lig op hulself geskyn, maar Paulus het gesê hy sal die lig net skyn op Jesus.

📖 Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk.– 2 Kor 12:9-10

🙏 Bid: Jesus, ek wil soos Paulus wees en nie staatmaak op my eie sterkpunte nie. Here, ek wil hê U moet die GROOTSTE iets wees wat mense sien as hulle na my lewe kyk. Heilige Gees, sal U my herinner dat ek gemaak is om U lig te skyn en nie my eie nie? Amen.

Challenge – doen ‘n lewens-oudit 🔥
Sien mense vir JOU of GOD in…?

  1. Die woorde wat jy praat
  2. Dit waaroor jy spog
  3. Jou sosiale media profiel

Ons lees nie net 1 versie en beweeg dan aan nie. Ons gaan heelwat meer tyd spandeer en stil staan in hierdie hoofstuk om toe te laat dat die Heilige Gees ons vul met meer wysheid en insig soos ons verder lees.

📨P.S. Stuur hierdie boodskap aan iemand anders om die liefde te deel!

https://www.bible.com/bible/117/2CO.12.NLV