What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Al wat ek benodig

📖 2 Kor 9:8God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee.

Soos ons by hierdie punt van die jaar kom, bly daar net 58 dae oor van 2025. November het stilweg ingesluip, en voor ons ons oë uitvee, sal die jaar verby wees. Dit is maklik om by hierdie stadium te kom en te dink: “Ag wel, wat gedoen is, is gedoen. Ek sal volgende jaar weer probeer.” 

Maar wat as hierdie laaste twee maande nog saak maak? Wat as die laaste deel van jou padreis saam met God die beste deel nog kan wees? Met ons getroue God word daar aan al ons behoeftes voorsien. In Hom kan ons ons krag hernu om sterk te eindig.

📌 Kom ons eindig 2025 met ons oë op Jesus. 

🙏 Gebed: Liewe Here, U weet presies hoe hierdie jaar van my gelyk het. U ken die hoogtepunte, die laagtepunte, en alles tussenin. Die waarheid is dat U reg langs my was vir dit alles. Ek kies om my oë op U te rig vir die laaste stukkie van hierdie pad. Ek sien uit om te ontdek wat die avontuur met U nog inhou. Amen.

🔥 Uitdaging: Join ons vir ‘n 12-stop reis om die jaar goed te eindig. Wil jy dit prakties toepas? Voltooi vandag se aktiwiteit in ons nuutste werkboek @ Stop 1. Volg hierdie skakel na die verniet boekie toe: Roadtrip-Ending-well

(geskryf deur Eljoh Hartzer)