👀 Die gemiddelde mens sien omtrent 20 000 woorde elke dag. Jy lees kennisgewings, boodskappe, advertensieborde en produkinligting heeltyd. By die skool lees jy binne net ‘n paar uur duisende woorde. Selfs die programme wat ons kyk, het dikwels onderskrifte.
Wanneer jy dan jou Bybel oopmaak, is dit geen wonder dat dit soms moeilik is om die woorde regtig te SIEN nie. Jou oorlaaide brein dink net… ?/-=NoG mEeR iNsEtTe=^?
🖐️ Maar wag… dit kan tog nie reg wees nie!
🌬️ 2 Timoteus 3:16 sê dit so: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer…”
⏳ Die afgelope maand het ons doelbewus by een hoofstuk van die Bybel stilgestaan. Ons het nie vooruit gejaag, moeilike gedeeltes oorgeslaan of die maklike uitweg gekies nie.
Ons het tyd gegee – gewag dat God se Woord voor ons oë oopgaan. Soos ‘n blom wat blaar vir blaar oopgaan, nooi die Bybel jou al nader aan Jesus, een openbaring op ‘n slag.
📖 Lees vanoggend weer 2 Korintiërs 12 en vra vir God om jou nog één ding te wys. Die Bybel is soos ‘n goudmyn – jy kan met vrymoedigheid aanhou delf. As jy God soek, sal Hy Hom deur jou laat vind.
📨 P.S. Stuur hierdie boodskap aan iemand anders en deel die liefde!