What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God praat

💭 Reflekteer
Wanneer jy ‘n nuwe plek ontdek sal jy dikwels rond kyk vir pad tekens. Ons bly op die uitkyk en stop by stoptekens of draai by kruisings volgens straatname. Tog, op ons reis deur die lewe stap ons dikwels reguit verby God se stem. Ons ignoreer Sy instruksies en probeer dinge op ons eie uitsorteer. God praat deur Sy Woord (die Bybel), ander gelowiges en die wêreld om ons. Luister jy?

📖 Spreuke 3:21-22 
“My seun, moenie takt en oorleg uit die oog verloor nie. Hou altyd daaraan vas. Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring.”

❔ Vrae

  • Hoe het God se stem vandag geklink?
  • Wat dink jy probeer God vir jou wys deur hierdie boodskap vandag?
  • Met watter vriend sal jy God se stem deel deur die boodskap aan te stuur?

🙏 Praat met God
Here, dankie dat U my lei en elke dag vir my allerhande tekens gee. Help my asseblief om te sien __________ en om U _______ te volg. Amen.

📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek luister vir God se stem.”

🎨 Reaksie
Teken ‘n outydse telefoon en plak dit op jou spieël met ‘n “speech-bubble” waarin jy vandag se vers skryf.

🤳Sosiale media
Deel ‘n vers wat jy iewers in jou lewe ontvang het en geweet het dit beantwoord ‘n vraag wat jy vir God gevra het. Sit by: #hoorUstem en “tag” ons

👥 Mense
Vra ‘n onderwyser om jou te vertel oor ‘n tyd toe hulle duidelik God se stem gehoor het.

🔥 Gaan Dieper
Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Spreuke 3

Lees die res van die hoofstuk vandag en let op: 

  • Op watter verskillende maniere praat God?
  • Merk met ‘n sterretjie, elke plek waar wysheid genoem word.
  • Is daar ‘n “pad teken” in hierdie hoofstuk wat jou kan help om ‘n moeilike situasie deur te maak? Onderstreep dit nou.