💭 Reflekteer
Het jy geweet dat God se Heilige Gees ook saam met ons reis? Hy is die Een wat die pad vir ons oop en gelyk maak. Hy help ons om te volhard in ons geloof en wanneer Hy jou lewe beheer dan word die vrug van die Gees (soos liefde, vreugde en vrede) al meer in jou lewe sigbaar. Hy is nie net jou Helper nie, maar wil ook jou beste Vriend wees. Jy kan met Hom gesels oor enige iets en as jy Hom vertrou sal Hy altyd vir jou die beste raad en antwoorde gee.
📖 Galasiërs 3:14
”Dit wat Christus Jesus gedoen het, het tot gevolg dat ook die nie-Joodse nasies deel kry aan Abraham se seën. Dit beteken dat ons deur die geloof die Gees wat belowe is, ontvang.”
❔ Vrae
🙏 Praat met God
Here, baie baie dankie vir die belofte van die _________. Dankie dat U Heilige Gees my ____ en ________, want op my eie kan ek niks doen nie. Amen.
📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek het die Heilige Gees.”
🎨 Reaksie
Kry ‘n stuk papier, tydskrifte, ‘n skêr, en gom bymekaar. Bid en vra die Heilige Gees om jou te lei – Maak dan ‘n collage van jou drome en dit wat jy eendag wil bereik. As jy vrae het, vra dit ook aan Hom. Vra Hom ook hoe God jou wil gebruik om Sy Koninkryk op aarde te bou.
🤳Sosiale media
Voordat jy jou foon optel en scroll vandag, vra die Heilige Gees om jou te lei om elke persoon agter die skerm te sien soos Jesus hulle sien.
👥 Mense
Vra die Heilige Gees om jou te lei om Jesus se hande en voete te wees deur hoe jy vandag jou vriende hanteer.
🔥 Dink Dieper
Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Galasiërs 3
Lees die res van die hoofstuk vandag en let op: