What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

⏳Paasfees Tydlyn

So – Jesus gaan Jerusalem binne
Ma – Jesus gooi die verkopers uit
Di – Jesus debatteer in die Tempel
Wo – Jesus rus
Do – Jesus is gearresteer
Vry – Jesus se verhoor en kruisiging
Sa – Jesus in die graf
So – Jesus het opgestaan!

💭 Reflekteer
Met die Paasfees vakansie wat nader kom gaan ons 6 stoppe besoek op die Paasfees tydlyn oor die volgende twee weke. Eerstens het ons die Palm Sondag intog in Jerusalem in. Jesus het op ‘n nederige donkie gery soos die mense rondom Hom Sy lof besing het. Niemand behalwe Jesus het geweet wat die week sou inhou en hoe als sou verander vir altyd nie.

📖 Lukas 19:36-37
Terwyl Jesus vorentoe beweeg, het die mense hulle bo-klere op die pad oopgesprei. Toe Hy naderkom, reeds op die afdraand van die Olyfberg, het die groot skare dissipels God uit volle bors begin loof en prys oor al die kragtige dade wat hulle gesien het.”

❔ Vrae

  • Wat dink jy het die skare geroep en gesing? Lees jou Bybel vir die antwoord.
  • Kan jy dink aan iemand wie ook sou wou leer oor die waarheid van Paasfees saam met jou oor die volgende 2 weke? Stuur hierdie boodskap aan hulle en nooi hulle om saam met ons, Jesus, en Sy dissipels deur Jerusalem te stap in die dae voor die kruisiging.

🙏 Praat met God
Liefdevolle Jesus, ek kan nie begin om te dink wat U moes voel toe U op daardie ______ in _______ inry nie. Help my om hierdie jaar Paasfees te verstaan as iets wat _______ en ______ is. Amen.

🎨 Reaksie
Knip ‘n bladsy in die vorm van ‘n palm blaar. Sit dit in jou vensterbank totdat Paasfees kom as ‘n herinnering van Palm Sondag.

🔥 Dink Dieper

Lees oor die Jerusalem Intog: Lukas 19:28-40

  • Waar het die dissipels die donkie gevind waarop Jesus gery het?
  • Lees Sagaria 9:9 en sien die profesie wat Jesus vervul het deur om op ‘n donkie te ry.
  • Wat dink jy het Jesus bedoel toe Hy sê: “Die klippe sal uitroep?”