Ons bid vir mense wat swaarkry, omdat Jakobus 5:13 dit vir ons leer. Ons glo dat die gebed van ’n gelowige krag het omdat dit in Jakobus 5:16 so geskryf staan. Ons weet dat ons gebede beantwoord word wanneer ons volgens die wil van God vra en nie volgens ons eie selfsugtige begeertes vra nie. In Johannes 15:7 beloof Jesus: “As julle altyd naby aan My bly soos ’n takkie wat aan ’n druiwestok vasgegroei is en getrou doen wat Ek vra, is daar vir julle regtig goeie nuus. Julle kan maar in gebed vra wat julle nodig het om goeie, vrugbare takkies te wees, want julle sal dit kry.” Kruispad lesers het die geleentheid om hul gebedsversoeke aan ons te stuur sodat ons mekaar kan ondersteun en bemoedig op ons pad saam met die Here. Kruispad ontvang ongeveer 30 gebedsversoeke per dag. Die gebedsversoeke word op 2 maniere hanteer:
As jy bereid is om deur die Here gebruik te word om ’n verskil deur die gebedsbediening te maak, is daar 2 opsies:
Indien jy geroep voel om betrokke te raak by die Kruispad gebedsbediening, vul asb onderstaande vorm in: