What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

🍎 of πŸ•ŠοΈ @ πŸ‘€

Om God aan familie en vriende te wys is een ding, maar wat van die persoon in die kruidenierswinkel of die een wat jy op straat raakloop? Hoe sou dit lyk om deernis aan hulle te toon?

πŸ‘‡ Dit is hoe die Vrug van die Gees sigbaar kan wees in jou lewe. WEES GOD SE πŸ–οΈ EN 🦢 .

LIEFDE: Staan stil en let op na iemand wat onsigbaar voel / lyk in ‘n skare.

VREUGDE: Glimlag vir ‘n vreemdeling as die wΓͺreld koud teenoor hulle is.

VREDE: Staan op teen onreg en gebrokenheid rondom jou.

GEDULD: Help ‘n ouer persoon of ‘n kind wat ‘n bietjie meer tyd nodig het.

VRIENDELIKHEID: In ‘n wΓͺreld vol ongeskikte / gejaagde mense; kyk uit vir die wat hulp nodig het.

GOEDHEID: Bied aan om iemand se las (of sak) te dra in plaas daarvan om verby hulle te loop.

GETROUHEID: Eer almal se tyd. Daag betyds op, met ‘n glimlag.

NEDERIGHEID: Laat ander skitter in plaas daarvan om te probeer om die beste en slimste te wees.

SELFBEHEERSING: As iemand jou wegstoot of verby jou jaag, stop en reageer dan vriendelik.

πŸ‘€ Hoe leef jy prakties die Vrug van die Gees saam met vreemdelinge uit?

Watter een gaan jy vandag probeer?

https://www.bible.com/bible/117/GAL.5.NLV